Volgens wyksraadslid Annemarie Joubert is 68 sakke vullis op die oop stuk grond en 35 sakke op die wal langs die Vermaaklikheidpad en ou begraafplaas opgetel.
Joubert kon ongelukkig nie die hele tyd teenwoordig wees nie weens 'n begrotingsraadsvergadering wat Dinsdagmiddag plaasgevind het. Tydens die vergadering is daar ook juis verwys na haar wyk en dat daar gehoop word sy maak dit skoon.
Joubert noem aan Suid-Kaap FORUM dat terselfdertyd wat Kwanokuthula skoongemaak is, het ander lede van die EPWP-span, waaronder heelwat vrouens, vullis opgetel in Aloeridge en Morestond in Wyk 8 (rdl. Chris Taute).
Sy het ook bevestig dat gereelde skoonmaakaksies van die aard gereeld in wyk 6 (rdl. Freddie Hartnick) plaasgevind het en nie soos beweer is tydens 'n raadsvergadering dat die 'EPWP' skitter in hul afwesigheid in Hessequa nie. Sy hoop dat die inwoners van die wyke trots sal wees op hul woongebiede en sal poog om dit skoon te hou van vullis.

Heelwat skoner!
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'