Video
JONGENSFONTEIN NUUSFLITS - Die gedeelte van die kuslyn wes van Jongensfontein wat op 16 September, Wêreld-kusopruimingsdag skoongemaak sou word maar wat uitgestel is as gevolg van reën, gaan eerskomende Saterdag 30 September voort.
Die projek is deur Jongensfontein Inwonersvereniging (JIV), in samewerking met Coastal Cleanup Conservation gereël. Hierdie 1,7 km-kuslyn, wat ’n gewilde staproete is, is besaai met rommel wat hoofsaaklik vanaf bote hier.
Volgens Miranda van Aardt, een van die organiseerders, kom alle belangstellendes om 12:30 vir 13:00 by Seesig Kafee op dié kusdorpie bymekaar.
Vir skole wat in groot getalle opdaag, mag daar dalk 'n verrassinkie wees. Die spanne sal per voertuig by die punte afgelaai word.
Vir meer inligting skakel Naas Palmer by 082 630 0230 of Miranda van Aardt by 071 234 9114.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'