HESSEQUA NUUSFLITS - Kanker raak een uit elke vier Suid-Afrikaners en elkeen se deelname aan vanjaar se Kansa Relay for Life (KRL) maak die verskil.
Verenig saam met Kansa Suid-Kaap/Karoo in die stryd teen kanker - saam met kankerpasiënte, hul versorgers en families tydens die KRL wat Saterdag 11 en Sondag 12 November by die Riversdal Rugbyklub aangebied word.
Die bestuur het reeds twee vergaderings, waartydens hul vroegtydig met die beplanning begin het, gehou.
Volgens die voorsitter, Elfrieda Pietersen word almal uitgenooi om deel van die verrigtinge te wees. "Baie ure van vet pret word verseker in een aand dat spanwerk en spanbou u onderneming, skool en organisasie as wenspan gaan uitlig bo jou teenstanders."
Vir alle navrae skakel Chanel by 079 909 1397 of Chanelot@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'