HESSEQUA NUUS - Volgens die Wes-Kaap department van gesondheid, moet persone wat veral in die hoë risikogroep is, seker maak dat hulle ‘n griepinspuiting kry.
Dit sluit in:
- swanger vrouens
- MIV-positiewe persone
- persone, jonk of oud met ‘n hoë risiko vir griepverwante komplikasies
- inwoners van ouetehuise en ander fasiliteite vir chroniese sorg of rehabilitasie
- kinders tussen die ouderdom van 6 maande en 18 jaar wat langtermyn-aspirienterapie ontvang
- alle persone van 65 jaar en ouer
“Ons griepseisoen mag later kom – beskerm jouself,” sê Nadia Ferreira, kommunikasiebeampte.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'