HESSEQUA NUUS - Sukkel jy om jou munisipale diensterekening te betaal omdat dit nie in die pos ontvang is nie?
Registreer dan om jou diensterekening maandeliks per e-pos te ontvang.
Volg dan een van die volgende kort stappe:
• Skakel 028 713 8045; of
• Rig 'n e-pos aan joanne@hessequa.gov.za of info@hessequa.gov.za;
• Skryf aan die munisipale bestuurder, Posbus 29, Riversdal, 6670; of
• Besoek enige munisipale kantoor in die streek.
Inligting benodig vir registrasie
• Munisipale diensterekeningnommer
• Identiteitsdokument (ID)
• Werkende e-pos adres
Hessequa-munisipaliteit stuur tans meer as 17 000 rekeninge per maand uit, waarvan 11 211 per pos en 5 858 elektronies.
Indien jy registreer om jou rekening elektronies te ontvang, kan 'n faktuur binne 72 uur na die heffingsdatum aan die rekeninghouer gestuur word.
Hoe werk dit as jou rekening per pos gestuur word?
Die munisipaliteit stuur voor of op die laaste dag van die maand die rekeningbesonderhede aan die diensverskaffer wat verantwoordelik is vir die druk van die rekeninge.
Hulle moet binne 7 dae dit druk en pos.
"Ongelukkig het die munisipaliteit of diensverskaffer geen beheer oor die werksaamhede van die poskantoor nie, daarom word kliënte aangemoedig om te registreer vir elektroniese diensterekeninge en sodoende die groen inisiatief van die munisipaliteit ook te ondersteun," raai Susan Geldenhuys mediawoordvoerder aan.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'