Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die mense van Hessequa word nie vergeet nie.
Altesaam 550 kospakkies is gedurende die tweede week van die algehele inperking wat op 26 Maart weens Covid-19 ingestel is, aan gesinne in die streek uitgedeel.
Die kospakkies is aangekoop met R100 000 wat deur die munisipaliteit beskikbaar gestel is, asook die R94 600 wat deur die privaat sektor ingesamel is.
Die kospakkies ter waarde van sowat R350 is in al nege kiesafdelings van die streek uitgedeel. 'n Tipiese kospakkie bevat onder meer mieliemeel en koekmeel, rys, pasta, olie, suiker, koffie, melk, blikkies groente, vis en boeliebief, soppoeier, brood en konfyt.
Skenkers uit die privaatsektor dui aan waar hulle wil hê die kospakkies uitgedeel moet word. Dié pakkies is in al die dorpe in die streek uitgedeel.
Kyk 'n video hieronder:
Intussen het die departement maatskaplike ontwikkeling ook geld beskikbaar gestel vir kos vir inwoners wat direk deur die koronavirus geraak word. Van die pakkies is reeds deur middel van Kindersorg SA se plaaslike tak uitgedeel.
Volgens Henk Lourens van die privaat-sektor, kan besorgde inwoners steeds geld in die rekening wat by Riversdal SuperSpar geopen is, inbetaal.
- Die verwysing moet wees:
- Kospakkie, gevolg deur die naam van die dorp
- Rekeninghouer: Excluvin (Pty) (Ltd) t/a RIVERSDALSUPERSPAR
- Bankkode: 162645
- Rekeningnommer: 162 653 2672
- Bank: Nedbank Riversdal
Vorige artikel: Inwoners dankbaar vir kospakkies
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'