Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Behoeftige inwoners en diegene wat nie tydens die grendeltydperk kan werk nie, het Woensdag 8 April kospakkies van die munisipaliteit ontvang.
Altesaam 75 kospakkies is in Riversdal en 14 in Melkhoutfontein uitgedeel.
“Dis bitter as jy nie geld of kos het nie,” het Charles Hendricks, ’n bouer wat nou werkloos is en na sy ouma, ma en haar twee grootmaakkinders omsien, gesê.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'