RIVERSDAL NUUS - As jy nog altyd graag wou leer om te kwilt, kry jy op op Donderdagoggend, 19 Januarie, 'n gulde geleentheid om dié kreatiewe stokperdjie te leer wanneer die Sleeping Beauty Kwilters, 'n kwiltgroep in Riversdal wat reeds 20 jaar bestaan, hul eerste kwiltbyeenkoms in die kerksaal van die NG Kerk Riversdal-Wes in Versfeldstraat 22 aanbied.
Die byeenkoms begin om om 8:30 vir 9:00.
Die kwiltgroep vergader een keer per maand in die oggend. Belangstellendes kan vir Sonette Burger by 083 3505 999 òf Marlene Liebenberg 083 331 8080 vir meer besonderhede bel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'