HEIDELBERG NUUS - Kairos Senior Sekondêre skool se matrikulante van 2018 het ietwat beter gevaar met sy 78.9% slaagsyfer teenoor 2017 se slaagsyfer van 78.7%.
Ongelukkig het 16 uit die 76 matrieks dit nie gemaak nie.
Agt hiervan wat wel geregistreer het, het nie die eksamen voltooi nie.
Vyf-en-twintig leerders (12 in 2017) het baccalaureus vrystelling verwerf, terwyl 20 diploma en 15 hoër sertifikaat vrystelling verwerf het.
Valencia van Wyk met vier onderskeidings was die skool se top leerder, met Chanté Arendse kort agter haar in die tweede plek.
Die groep leerders van Kairos was die groot uitblinkers van 2018. Agter, van links staan Britney Philander (10de), Chandré Davids (9de), Kimberley Pietersen (7de), Victoria Williams (5de), Edwina Kleynhans (3de), Chanté Arendse (2de) en Valencia Van Wyk (1ste). Voor: Jefferson Pieterse (8ste), Giovanni Pieterse (6de) en Winley October. Foto's: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'