RIVERSDAL NUUS - Voorwaarts Primêre skool het kort voor die April-vakansie leerders van elke graad op ’n pretdag uitstappie geneem.
Hulle het met die hulp van die plaaslike polisie veilig tot by Takkieskloof-karavaanpark gestap.
Die kinders was duidelik opgewonde. Leerders kon lekker swem, speel en middagete onder die koeltebome geniet.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'