ALBERTINIA NUUSFLITS - Die 'Help Albertinia Dienssentrum liefdadigheidsprojek', gedryf deur Helena Oosthuizen, ‘n Elite beursstudent by Akademia, is tydens die sentrum se algemene jaarvergadering op Vrydag 8 September afgesluit.
Die kernfokus was om die generasiegaping te oorbrug en kinders uit die gemeenskap, maar ook uit omliggende skole by bejaardes betrokke te kry.
Verskeie leerders het hul opstelle wat hul vir 'n kompetisie ingeskryf het rakende die belangrikheid van ‘n ouma en oupa, voorgelees met opregtheid eie aan ‘n kinderhart.
Skenkings vanaf Helpende Hand en ander skenkers is ook aan die sentrum oorhandig.
Die Curro Mosselbaai Marimbas.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'