HESSEQUA NUUS - Oorspronklik, kleurryk, verbeeldingryk, kreatief en uiteenlopend. Só beskryf die keurders die inskrywings van die derde kinderkunsprojek wat deur die Hessequa-kunsroete, in samewerking met die streek se dorpsbiblioteke, aangebied is.
Daar was 187 inskrywings. Leerders van graad vyf tot sewe het deelgeneem.
Die keuringpaneel, gekoördineer deur die Basa-bekroonde kunstejoernalis en -resensent Christiaan J de Swardt, het aanvanklik spontaan 37 werke geëien wat hulle onmiddellik getref het.
Die uitdunne het oor ses fases geskied, waaruit 'n top20 en top10 gespruit het.
Die vyf gunstelingwerke is volgens 'n puntekriterium-skaal beoordeel en die inskrywing met die hoogste persentasie sal Woensdag in Heidelberg as die wenner aangewys word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’