Gallery
SLANGRIVIER NUUSFLITS - Dié dorp is gister (Woensdagmiddag 18 Oktober) in rou gedompel nadat 'n graad 3-leerder in die munisipale riooldam verdrink het.
Gumile Boezak (9) het blykbaar saam met vier van sy maats kolganse by die riooldam gaan jag toe hy vermoedelik op die damwal gegly en onder die water verdwyn het.
Volgens a.o. Alroy Windvogel, plaaslike mediawoordvoerder het die voorval omstreeks 17:30 gebeur.
Sy liggaam is na 'n soektog van nagenoeg vier ure deur 'n plaaslike polisieduiker, a.o. AGJ Louw gevind.
Lees die volledige berig in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'