RIVERSDAL NUUS - Sowat 125 Orpingtons van Danie Geldenhuys van Riversdal het by die pas afgelope Wes-Kaapse pluimveeskou buite Worcester letterlik hul beste pote voorgesit.
Danie se span het 17 eerste plekke en 13 tweede plekke in die verskillende kleurklasse ingepalm.
Hy berei nou sy Orpingtons voor vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap wat van 5 tot 8 Julie in Bloemfontein aangebied word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'