STILBAAI NUUS - Ané Taljaard van Stilbaai het besluit dat hulle bietjie vreugde in mense se harte moet sit in hierdie Kerstyd.
Haar skoonsus, Therien Taljaard, sê dat Ané voorgestel het dat hulle die drie motors op die werf versier met kersversiersels en dan deur Stilbaai ry met die vreugde boodskap.
So gesê, so gedaan en hulle het aan die werk gespring.
Sondagaand 24 Desember het John-Louis Taljaard met die Fortuner, Luan Taljaard met die Sonata en Gerhard Lemmer met die FJ Cruiser die familie opgelaai en hulle het deur Stilbaai se strate gery.
Omgee mense, hartsmense maak 'n gemeenskap werk en Stilbaai is so 'n plek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’