SLANGRIVIER NUUS - Leerders en ouers van Slangrivier Primêre skool het Saterdagoggend 30 November 2019 die grootste gesamentlike Kersparty nog by die skool gehou.
’n Groep jongmense van die dorp wat al jare lank elders woon en werk maar wie se ouers steeds hier woon, het onder die vaandel van Rise by Uplifting Others saam met mnr. Ricardo Damons, skoolhoof, beplan om iets vir die skoolgemeenskap te doen.
Geskenke en lekker eetgoed is aan al die leerders uitgedeel.
Fotogalery: Slangrivier Primêr hou Kersparty
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'