Gallery Video
HEIDELBERG NUUSFLITS EN VIDEO - Gedurende die week van 23 tot 30 September het die Slangrivier Buitewyk van die JF Neumann United Congregational kerk op Heidelberg hul 180ste jaar gevier.
Die Erfenis-feesprogram het Sondag 23 September op ’n hoë noot begin met ’n heerlike sang- en musiekmiddag soos wat dit in ou tyd gedoen is - met die Kersfeeskore.
Op Erfenisdag het ’n groot groep bejaardes op die kerkterrein bymekaar gekom en saam stories gedeel oor die verre verlede.
Die week se verrigtinge is met ’n dankseggingsdiens afgesluit.
Na die boodskap deur die feesprediker, eerw. Donald Sweetland van die Parkdene-gemeente in George is nagmaal bedien.
Kyk 'n video hieronder:
Toeka...
...tot nou.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'