HEIDELBERG NUUS - Die AGS Oos-gemeenteleier, past. Martin Meyer, is behoorlik keelvol vir die vandale wat soveel skade aan hul kerk aanrig.
Volgens Meyer word daar byna weekliks vensters stukkend gegooi en word die toilette beskadig.
Tydens Suid-Kaap Forum se besoek aan die kerk, het ouderling Hansie September en Meyer hul misnoeë uitgespreek teenoor die kwaaddoeners, wat hulle vermoed jong kinders is.
Volgens Meyer is hulle nie 'n baie groot gemeente nie en is die gekleurde ruite aan die voorkant van die duurste. Daar is in totaal 23 ruite beskadig waarvan 17 aan die agterkant is.
"Ons gemeente word erg geraak deur die talle sinnelose aanvalle op ons kerk. Ons vra dat die inwoners, veral die wat dalk die kwaaddoeners sien om onmiddellik met ons of die polisie in aanraking te kom.
"Genoeg is genoeg; so kan dit nie aangaan nie," het September duidelik omgekrap gesê.
Enigiemand met inligting kan Meyer by 073 015 1213 skakel.
Hier kan van die skade aan die voorkant van die kerk gesien word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'