Met verbruiker verwante navrae word die volgende stappe aanbeveel om dit op te los:
* Keer terug na die besigheid en kyk of jy dit nie self kan uitklaar nie. Identifiseer jou probleem en staaf dit met bewyse soos byvoorbeeld die beskadigde item, die kontrak of kwitansie.
* Bewaar die oorspronklike dokumente en werk waar nodig met afskrifte.
* Wees duidelik oor hoe jy jou klagte opgelos wil hê en probeer eers om dit direk uit te klaar met die persoon verandwoordelik soos die winkelbestuurder of verbruiker verteenwoordiger.
* Hou notas van die stappe wat jy geneem het om jou klagte aan te spreek asook met wie jy gepraat het en op watter datum die gesprek(ke) plaasgevind het.