HEIDELBERG NUUSFLITS - Kairos Senior Sekondêr het onlangs hul eerste landdros opgelewer toe een van hul oud-leerders as distrikslanddros vir Germiston, Gauteng aangestel is.
Madelein Laws, dogter van Edward en Paula Laws van die Oos-Dorp het op 15 Maart in haar pos as distrikslanddros begin.
Tans beklee sy die pos as distrikslanddros vir die departement justisie op Germiston, maar is sy in die verkeersafdeling in die Elsburg landdroshof werksaam.
Sy is baie nederig en beskou sy dit bloot as haar bydrae om ’n verskil in die samelewing te maak.
Sy moedig jongmense en veral vroue aan om die geleenthede wat daar is, ten volle te benut om hulself ten volle te bemagtig.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'