HEIDELBERG NUUS - Kairos Senior Sekondêr se verteenwoordigende raad van leerders (VRL), in samewerking met een van hul opvoeders, me. Herlene Mostert, het onlangs 'n suksesvolle "gender swap" dag aangebied.
Die puik inisiatief is as ‘n fondsinsameling gehou om broodnodige geld vir die skool in te samel.
Dit is veral die seuns wat besondere moeite met hul uitrustings gedoen het om die dag so vol pret te maak.
Hier verskyn van die seuns en dogters met hul opvoeder (sesde van links).
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'