STILBAAI NUUS - Die gemeenskap word genooi om Still Bay Animal Protection se 'Jumble Sale' op die grasperk by die Fynbos winkelsentrum te ondersteun.
"Dit sal Vrydag 28 en Saterdag 29 Julie plaasvind. Kyk uit vir ons tent, net agter die apteek," nooi ElmarieVenter (tesourier). Klere, kombuisitems, hondebeddens, beddegoed en vele meer artikels sal op die verkoping wees.
Volgens haar kry hul geen fondse van die staat of enige ander instellings nie, dus word op die komitee en vrywilligers staat gemaak om hard te werk om hul eie fondse te bekom.
Sy noem dat hul artikels benodig vir toekomstige verkopings en sal met graagte dit self op Stilbaai, Jongensfontein, Melkhoutfontein, Riversdal, Mosselbaai en selfs George afhaal. Persone wat wil kan WhatsApp of SMS na 073 190 9953 en een van die komiteelede sal reël om dit te kom haal.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'