STILBAAI NUUS - Die aansoek om ’n gedeelte van Julie se Baai te huur, is afgekeur.
Die uitvoerende burgemeesterskomitee het vandag (Woensdag 27 Februarie) die besluit geneem en gesê dat dit in die beste belang van die meerderheid van die Stilbaai-inwoners is.
’n Totaal van 637 besware is vanaf die Stilbaai-inwoners ontvang wat teen die projek gekant is.
Nog ’n rede vir die afkeuring is dat die aansoeker nie volledige inligting met betrekking tot die impak van die projek op munisipale infrastruktuur ingedien het nie.
By navraag het die aansoeker aan Suid-Kaap Forum die volgende per epos laat weet: “I wish the people of Stilbaai well and I hope the next time there is a ‘true’ threat of a squatter camp popping up in the area they don’t ignore it assuming its another international entrepreneur looking to make upgrades to the campsite."
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees verwante artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'