HEIDELBERG NUUS - 'n Jongman is agter tralies nadat hy na bewering 'n minderjarige meisie verkrag het.
Dié voorval het glo Saterdagoggend, 28 Januarie tussen 02:00 en 05:00 op 'n oop stuk veld in die Oos-Dorp plaasgevind.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, was die 14-jarige meisie, wat op ’n nabygeleë plaas bly, op pad na haar huis toe die jongman haar glo agtervolg, beetgekry en na bewering verkrag het.
Hy het Maandag, 30 Januarie vlugtig in die landdroshof verskyn.
Die saak is vir verdere ondersoek tot Maandag 6 Februarie uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'