HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Jong vrou en ’n graad 2-leerder van Heidelberg is gisteraand (Donderdag 11 Januarie) noodlotting beseer toe die motor waarin hulle en nog vier ander gereis het, die pad verlaat en gerol het.
Die voorval het ongeveer 21:40 op die R322 Witsandpad, sowat 15km vanaf die N2 gebeur.
Die insittendes wat uit die donkerblou VW Golf geslinger is, is op die toneel dood verklaar.
Hulle was blykbaar op pad terug na Heidelberg vanaf Witsand.
Lees meer hieroor in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'