RIVERSDAL NUUS - Matlann-Jo Fielies, die jong rugbyspeler wat gesterf het na ‘n besering op die rugbyveld, word Saterdag begrawe.
Die verrigtinge begin om 09:00 by sy ouerhuis in Progressstraat 7, en om 10:00 in die St Andrews-kerk in Van Riebeeckstraat, Riversdal.
Suid-Kaap Forum het met sy ma, Merle Fielies, oor haar enigste seun gesels. Sy vertel meer oor die rol wat hy veral na sy pa Alann se dood in 2010 in hul hegte gesin gespeel het, hoe hy van kleins af rugbymal was, en veral hoe sy liefde vir rugby uiteindelik tot sy dood gelei het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'