HESSEQUA NUUS - Die joernalis, Tanya Menges (47) wat Woensdagmiddag 19 Julie op die Vermaaklikheidpad verongeluk het, gaan 'n groot leemte by Media24 laat.
Mede-joernalis en vriend Julian Jansen, het aan Suid-Kaap Forum genoem dat die hele Heerencgrach-gebou in Kaapstad tot stilstand geruk was oor Menges se dood.
" Sy was na Vermaaklikheid onderweg om 'n storie oor Pieter le Roux, wat lewenslank tronkstraf opgelê is, te doen." Volgens Jansen is dit ironies dat sy dié keer nie 'n fotograaf by haar gehad het nie.
Menges het vanaf 2006 by Die Son-koerant as hofverslaggewer gewerk.
Sy het in Pretoria studeer en in die vroeë negentigs by Die Republikein in Windhoek, asook die Windhoek Advertiser as nuusredakteur gewerk. Jansen noem dat sy baie intelligent en lewenslustig was.
Buiten haar man word sy oorleef deur haar suster Wanda.
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Hessequa nuus'