RIVERSDAL NUUS - Drie busse vol opgewonde jeugdiges van die Nuwe Apostoliese Kerk het Vrydag 15 Februarie na Kaapstad vertrek om die Young Peoples Convention in Kaapstad by te woon.
Die byeenkoms is deur ongeveer 40 000 jeugdiges bygewoon.
Die Riversdal-gemeente is deur die Silvertown-gemeente gehuisves en die 191 jeuglede is by lidmate uitgeplaas.
Die groot erediens het Sondag 17 Februarie by die Kaapstad-stadion plaasgevind en is behartig deur die hoofapostel, Jean-Luc Schneider.
Die teikenmark was gekonformeerde lidmate van 2017, priesters en jong getroude paartjies.
Drie luukse busse het die opgewonde lidmate na Kaapstad vervoer en die kleuters van Carols Playgroup hulle afgesien.
Die byeenkoms is deur ongeveer 40 000 jeugdiges bygewoon.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'