HEIDELBERG NUUS - Charmaine Esau, jeugaktivis en voorsitter van die gemeenskaps-polisieforum (GPF) se jeugtak op Heidelberg het verneem van die skade wat die Hartnick-gesin van Robinsingel Donderdag, 25 November tydens 'n brand op hul erf gely het.
Die brand het die wendyhuis waarin Jannie Herder gebly het, is heeltemal verwoes.
Sy besittings, maar ook besittings van sy dogter, Mariana Hartnick en haar man, William is tot niet.
Esau het aan die familie 'n welkome kospakkie, asook ander noodsaaklike benodigdhede wat sy van 'n vriend ontvang het Sondagmiddag, 28 November saam met haar ma gaan skenk.
Jannie Herder en Mariana Hartnick ontvang 'n welkome pakkie vanaf Charmaine Esau. Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'