Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die 14-jarige Rut Gouws vertrek vandag (Donderdag 15 Februarie) na Dakhla in Morokko saam met haar spanmaat, Terje Groenewoud van Kaapstad.
Hulle word deur Saka (SA Kite Assosiasie) en SA Sailing gestuur om Suid-Afrika by die Afrika kwalifiserende ronde vir Twintip Racing vir die Jeug Olimpiese Spele te verteenwoordig wat in Oktober in Buenos Aires gehou word.
Dit is die eerste keer dat kitesurf deel van die Olimpiese Spele vorm.
Slegs een seun en een meisie per kontinent kan vir die spele kwalifiseer.
Gous bedank haar borge, Airushen Mystic wat al haar toerusting verskaf, asook Saka en SA Sailing wat dit vir haar moontlik maak om te gaan.
Kyk 'n video hieronder:
Rut Gouws is kliphard besig om haarself voor te berei.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'