Met besoek aan die toneel was die insittendes reeds weg. Volgens bewerings wat die rondte in die dorp doen is hulle na 'n vriend se huis geneem, waar hy hulle vir 'skok' behandel het.
Suid-Kaap FORUM was Maandag, 14 Oktober telefonies in gesprek met Farrel, die eienaar van die voertuig, rakende die ongeluk. Volgens hom is die bewerings dat hulle na 'n vriend se huis geneem is, onwaar en was hulle ook nie dronk nie. Hy verduidelik dat die enjin van die voertuig uitgesny het, wat veroorsaak het dat die remme en kragstuur nie gewerk het nie en moes hy vinnig speel sodat die voertuig nie die huis kop-aan-kop tref nie. Volgens Farrel is hy nie ernstig beseer nie. Van Tonder het geen beserings opgedoen nie, maar Michaels was wel by die dokter vir ligte beserings.
Farrel het verder genoem dat hy vir Van Tonder en Michaels gaan oplaai het by die gholfklub kort voor die ongeluk gebeur het. Dit was glo Michaels se verjaarsdag en is dit by die gholfklub gevier. Hy het gesê dat hy nie by die vieringe betrokke was nie. Suid-Kaap FORUM is deur Stilbaai polisie verwys na kapt. Bernadine Steyn, media woordvoerder vir die polisie in die Suid-Kaap aangesien geen ongeluksverslag of dossier geopen is nie en dus nie kan kommentaar lewer rakende die voorval nie.
Steyn het skriftelik bevestig dat daar op Vrydag, 11 Oktober 'n voertuig gevind is in Stilbaai waar dit teen 'n huis gebots het. "Toe die polisielede op die toneel arriveer, was daar geen insittendes of 'n bestuurder nie. Geen dossier is geopen nie".
Inwoners ontstoke
Suid-Kaap FORUM is na die ongeluk deur verskeie inwoners gekontak rakende die ongeluk en is daar juis vrae gevra of bloed op die toneel getrek is en of 'n saak van dronk- of nalatige en roekelose bestuur ondersoek word. Volgens van die inwoners is dit net die genade van Bo dat die voertuig nie 'n kind of 'n ander voertuig op Hoofweg-Wes getref het nie. Die Cherokee is oor die stopstraat by die afdraai na Stilbaai Gholfklub, oor Hoofweg-Wes, asook die pad voor die huis voor dit teen die huis gebots het. Beide die voertuig en huis is ernstig beskadig. Die huiseienaar wou volgens polisie inligting ook nie 'n saak aanhangig maak nie.
* IN SHORT
Three Stilbaai residents were lucky not to sustain serious injuries when the vehicle they were driving collided into a house in highway west, Stilbaai. Currently it is not very clear what happened. According to police, no case was opened in the latter incident.

agmiddag, 11 Oktober teen 'n huis in Hoofweg-Wes gebots het. Inlaste van bo na onder: Die skade aan die Cherokee is erg; bloedspatsels op die toneel; bandmerke oor 'n pad waaroor die voertuig beweeg het voor dit tot stilstand gekom het. Foto's: Louise Mouton.