STILBAAI NUUS - 'n Tjek vir R20 000 is aan Jagersbosch-gemeenskapsentrumbestuur oorhandig na die Groot Vis Ete-fondsinsameling wat deur Stilbaai Sakekamer gefasiliteer is.
Louise Christie, voormalige sakekamer bestuurslid het aangebied om weereens die reëlings rondom die ete te hanteer en het haar uitstekend van haar taak gekwyt.
"Sanet Jacobs, voedseldiensbestuurder het 'n enorme taak gehad om vir 170 plus mense vars gebakte vis en kalamarie te voorsien en komplimente oor die kwaliteit van die kos was volop," sê Rean Pretorius, sakekamer voorsitter.
Marius van Tonder, finansiële bestuurder en waarnemende hoofbestuurder het verseker dat alles vlot verloop en die sakekamer/Jagersbosch-span het ook vanjaar bewys dat spanwerk die antwoord is vir 'n suksesvolle funksie. "Baie dankie aan almal wat deelgeneem het," sê Oosthuizen.
IN SHORT
A cheque for R20 000 was handed to Jagersbosch Community Center management after the 'Groot Vis Ete' fund raising event facilitated by the Stilbaai Business Chamber.
Louise Christie, ex Stilbaai Business Chamber management member graciously took care of the arrangements and delivered a brilliant event. Sanet Jacobs, Food Service
Manager had a big challenge to feed 170 plus people and many guests commented on the great quality of the freshly baked dish.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'