RIVERSDAL NUUS - Ouddominee Willem Jacobs van Stilbaai en sy seun Johan Jacobs verskyn vandag Vrydag 23 Augustus in die Bellville-handelshof op aanklagte van bedrog/diefstal.
Johan is op 8 Februarie 2018 in hegtenis geneem op ’n bedrogklagte, terwyl sy pa, voorheen ’n predikant van Riversdal, hom op 12 Februarie oorgegee het.
Een van die klagte hou verband met ’n plaas in die Laingsburg-omgewing wat hulle met ’n vervalste bankdokument probeer bekom het.
Lees vorige berigte hier:
- Dit is toe diefstal en nie bedrog nie
- Uit die hof
- Bedrog: Nog klagtes oor Jacobs
- Jacobs versuim om te betaal
- Bedrogsaak uitgestel
- Klagtes teen Jacobse stroom in
- Afgetrede predikant gee homself oor
- Pa uit op borg, seun steeds in aanhouding
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'