Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEOS - Johan Jacobs, ook bekend as Jas, het Donderdag 15 Maart vir twee aanklagte van bedrog in die plaaslike landdroshof verskyn.
Sy pa, Willem, het hom vergesel en het nie daardie dag op enige aanklag in dié hof verskyn nie.
Een van die aanklagte is vir beweerde skaapbedrog op Heidelberg in die Hessequa-streek.
Jacobs jr. se regsverteenwoordiger het vir twee maande uitstel gevra vir 'n bedrag van R400 000 wat klaarblyklik deur hom betaal moet word.
Die staatsaanklaer het dit egter teengestaan en is hy grasie vir slegs 'n maand toegestaan.
Die saak is tot 10 Mei uitgestel.
Suid-Kaap Forum het self inligting bekom van Jacobs jnr. wat in 2014 op 'n entrepreneurs realiteitsreeks, Dragons Den, verskyn het waar hy beleggers soek vir 'n besigheidsplan.
Kyk 2 videos hier:
Lees vorige artikels:
- Klagtes teen Jacobse stroom in
- Afgetrede predikant gee homself oor
- Pa uit op borg, seun steeds in aanhouding
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'