HESSEQUA NUUS - Minderjariges steeds in aanhouding: Die saak teen die minderjariges wat Vrydag 15 Junie in verband met 'n plaasaanval by Blombos in hegtenis geneem is, is tot Woensdag 5 September uitgestel. Stilbaai-polisie se mediawoordvoerder, ao. Morné D'Emiljo, het gesê dat hulle steeds in aanhouding is, maar die jongste is in sy ouers se sorg gelaat.
Johan Jacobs-saak
Johan Jacobs het weer Donderdag 30 Augustus vlugtig in Riversdal-landdroshof verskyn. Sy nuutste prokureur wat hy aangestel het was nie in die hof nie en kom hy dus Donderdag 27 September weer voor.
Hy sal voorkom sodat sy saak moontlik gesentraliseer kan word.
Suid-Kaap Forum het onlangs oproepe van sover as Nelspruit en Tzaneen ontvang wat klagtes oor Jacobs het.
Tokka se aansoek om borg
John Pietersen, beter bekend as Tokka sal weer Donderdag 6 September in Riversdal-landdroshof verskyn. Hy sal om borgtog aansoek doen.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'