Update
RIVERSDAL NUUS - Johan Jacobs het weer Donderdag 30 Augustus vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.
Jacobs het blykbaar verskeie sake van bedrog teen hom, nie net plaaslik nie, maar ook in ander dorpe in die provinsie.
Sy nuutse prokureur wat hy aangestel het was nie in die hof nie en kom hy dus Donderdag 27 September weer voor sodat sy saak moontlik gesentraliseer kan word.
Suid-Kaap Forum het onlangs oproepe van sover as Nelspruit en Tzaneen ontvang wat klagtes oor Jacobs het.
Lees vorige artikels hier:
- Jacobs versuim om te betaal
- Bedrogsaak uitgestel
- Klagtes teen Jacobse stroom in
- Afgetrede predikant gee homself oor
- Pa uit op borg, seun steeds in aanhouding
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'