STILBAAI NUUS - Daar heers ongekende belangstelling vir die Stilbaai Belangeforum se algemene jaarvergadering wat op Vrydag 24 Februarie om 16:00 in die saal van Palinggat-oord aangebied word.
Probleme rondom watervoorsiening, riolering en die steeds toenemende verkeer is knellende kwessies wat hier bespreek gaan word.
Albert de Klerk, munisipale bestuurder van Hessequa-munisipaliteit, gaan gesels oor sy visie vir Stilbaai en meer in besonder watter sake voorkeur behoort te geniet om te voldoen aan die behoeftes van die snelgroeiende Stilbaai.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'