STILBAAI NUUS - 'n Kennisgewingbord op 'n privaat erf langs 'n dienspad wat parallel met Hoofweg-wes loop, het onlangs Suid-Kaap Forum se aandag getrek.
Die woorde op die bord lees soos volg: 'Help asseblief. Na 23 jaar steeds geen straat.'
Die inwoner(s) maak beswaar oor die feit dat die dienspad wat toegang tot sy erf verleen, nie geteer is nie.
Op die koerant se navraag aan Hessequa-munisipaliteit het Susan Geldenhuys, mediawoordvoerder soos volg geantwoord: "Die munisipaliteit is bewus van die aangeleentheid. Daar is geen fondse op die huidige begroting vir die bou van die pad nie. Die versoek sal gedurende die begrotingsproses weer in oorweging geneem word."
Die ongeteerde dienspad langs Hoofweg-wes.'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'