Die protes het gehandel oor die verskyning van die sewe verdagtes in die Ampie Jansen moordsaak.
Jansen (38) is Sondagmiddag, 1 Junie deur die mans tussen die ouderdomme van 22 tot 38 jaar met stomp voorwerpe aangerand, waarna hy erg beseer na Riversdal hospitaal geneem is.
Hy het met aankoms aan sy beserings beswyk.
Die sewe verdagtes, Ashwill Pietersen (30), Morné Michaels (33), Solomon October (40), Edmund Moses (30), Nazwin Kiewietz (33), Jerimy Michaels (32) en Elton Moses (28) het nie voorgekom vir borgaansoeke nie.
Die saak is uitgestel tot Vrydag, 20 Junie vir borgaansoeke in die Riversdal Landdros hof.
Die protes het gehandel oor die verskyning van die sewe verdagtes in die Ampie Jansen moordsaak.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'