'n Memorandum met meer as 500 handtekeninge is oorhandig aan die staatsaanklaer, Jerome Joseph.
Dié versoekskrif van die gemeenskap het gepleit dat borgtog teengestaan moet word vir die sewe verdagtes in die Ampie Jansen moord.
Lede van die Jansen familie, waaronder sy weduwee Louise, dogter Amor en seun Ruan het ook deelgeneem aan die optog.
Lede van die Public Order Polisie (POP) vanuit Mosselbaai was verantwoordelik vir publieke orde tydens die optog en het alles sonder enige insidente verloop.
*IN SHORT
Community members handed over a memorandum with nearly 500 signatures to the State Prosecutor, Jerome Joseph. This was an urgent plea from the community that bail should be denied to the seven suspects in the Ampie Jansen murder case. The case has been postponed to 20 June in the Riversdale Magistrate Court.
FOTOGALERY
In gesprek met die staatsaanklaer, Jerome Joseph voor die Stilbaai periodieke hof. Van links is Adwin Saayman, eerw Roode, Louise Jansen, pastoor Tarentaal en Jerome Joseph.