Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Inwoners van Heidelberg en Slangrivier het die afgelope paar dae hul ontevredenheid teenoor die plaaslike polisie duidelik te kenne gegee met verskeie aksies wat van stapel gestuur is.
Ongeveer 150 protesgangers het Sondagmiddag, 4 Oktober met ’n optog na Heidelberg-polisiestasie gegaan, waartydens hulle ook die dienstekantoor beset het.
Fotogalery: Heidelberg protes oor polisielede
Hulle eis die ontslag van twee polisielede wat hulle van beweerde aanranding beskuldig, wat tot die dood van Henry October gely het, asook dié van die stasiebevelvoerder, lt-kol Sipho Dyani en kapt Mervyn Zana.
Eerw Chris Nissen, Wes-Kaapse menseregtekommissaris het Maandagoggend, 5 Oktober met Dyani en die plaaslike taakkomitee, onder leiding van James Gelderbloem ontmoet.
Hy het die protesgangers ingelig dat die onafhanklike klagte direktoraat (Opod) Donderdag, 8 Oktober self in Heidelberg sal wees om die gemeenskap toe te spreek om die sake verder te ondersoek.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'