- Natmaak van tuine, parke of enige gras-area, word verbied tussen 10:00 en 16:00. (Bona fide kwekerye, duine rehabilitasie projekte, sekere sportvelde, sowel as karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling.)
- Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie onversorg gebruik word nie (dit wil sê sonder toesig gelos word nie).
- Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. (Die afwas van sekere oppervlaktes in karwasdienste, slagpale, boupersele en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling).
- Voertuie, bote en karavane moet verkieslik met emmers gewas word. Waar 'n tuinslang gebruik word, moet dit toegerus wees met ‘n outomatiese afsluit spuitkop.
- Die munisipaliteit behou die reg om, na oorweging van ‘n gemotiveerde aansoek, skriftelik goedkeuring te verleen vir vrystelling van spesifieke beperkings vir sekere verbruikers.