Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Afgetrede onderwysers en werkers van verskeie staatsdepartemente het op Woensdag 15 Mei 'n inligtingsessie oor die veelbesproke 'benadeelde pensioen-uitbetalings' op Heidelberg bygewoon.
Tom Willemse, oud-inspekteur van skole in die Suid-Kaap het die besprekings gelei.
Volgens hom is daar geld wat mense toekom en hy en sy komitee wil die benadeeldes graag help om dit op te eis.
‘n Komitee, onder leiding van dr. David Piedt en Willemse werk vrywilliglik om diegene wat kwalifiseer, op te spoor.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'