ALBERTINIA NUUSFLITS - Dit was nog altyd die 19-jarige Lionel Jantjies, Mnr. Tiener Wes-Kaap (Mr Teen Western Cape) van dié dorp se doel in die lewe om mense te help.
Hy het ’n liefde vir modelwerk op die ouderdom van 16 jaar ontdek toe hy aan Mnr. Eden FM 2015 deelneem.
Hy het onder die top vyf geëindig, maar dit het hom nie afgesit of enigsins ontmoedig nie.
In 2016 neem hy aan Mnr. DA Albertinia deel en word gekies om Albertinia by Mnr DA Hessequa te verteenwoordig.
Lionel verower boonop 'n tweede plek in die Mr Photo Unique SA, ’n fotogeniese kompetisie wat elke jaar plaasvind en waaraan enige Suid-Afrikaanse individu kan deelneem.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.