HEIDELBERG NUUS - Daylin Pretorius, 'n provinsiale verkeersbeampte op Heidelberg het na 'n jarelange verhouding met Rosé Februarie op Saterdag, 27 November in die huwelik getree.
Die egpaar is deur vader Mario Hendricks van die St Lukes Anglikaanse Kerk op Swellendam in die St Barnabas Anglikaanse Kerk op Heidelberg in die eg verbind.
Die bruidegom is die seun van Alicia en Danny Pretorius van Heidelberg. Die bruid is die dogter van Sarah en wyle Russel Hopp.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'