RIVERSDAL NUUS - 'n Verdagte is Maandag 12 September deur sers. Stafford Tarentaal vir huisbraak en diefstal in hegtenis geneem.
Deur Tarentaal se vinnige optrede is die selfoon wat gesteel is, aan die regmatige eienaar terugbesorg.
Die verdagte het Woensdag 14 September in die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'