Die verrigting het die oggend begin met verwelkoming en gebed. Daarna het suster Kroon, hoof-verpleegkundige, bietjie meer vertel oor die betekenis van die dag en het die gelofte van Florence Nightingale voorgelees.
Elk van die verpleegpersoneel het daarna 'n kers by die grootkers van suster Kroon aangesteek en die verpleegsters-gelofte is afgelê. Staf Abdoll het die inwoners 'n kykie gegee in die dag van die verpleegpersoneel in die huis.
Die personeel het daarna 'n pragtige lied gesing en is die gedig vir verpleegsters voorgedra. Patricia Davids het 'n ruiker aan suster Kroon oorhandig om haar te bedank vir al die jare wat sy haar werk met liefde en deernis doen. Die personeel is deur mev. Ria Swart, voorsitter van die huiskomitee bedank vir hulle onbaatsugtige diens wat hulle met soveel liefde doen. Na afloop van die verrigtinge het die inwoners en personeel saam tee gedrink en iets geëet.
Die verpleegpersoneel van Huis Zenobia du Toit wat Vrydag, 10 Mei erkenning ontvang het vir die diens wat hul lewer in die gemeenskap.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg | Hessequa nuus'