STILBAAI NUUS - Die Sorgsentrum Huis Alrema se nuwe toevoeging, die Hans du Plessis-vleuel, is amptelik op 1 Augustus geopen.
Dit voeg vyf beddens by die versorgingsoord se kapasiteit om die totaal wat beskikbaar is op 14 te staan te bring.
Die uitbreiding is deur die Stilwaters-aftreeoord gefinansier en die groot dryfkrag agter die bouwerk was Hans du Plessis, een van Stilwaters se direksielede.
Huis Alrema is nie net vir bejaardes of Alzheimer-pasiënte nie. Enigiemand wat voltydse sorg nodig het is welkom om aansoek te doen.
Huis Alrema se personeel is van links: Deidré Pieterse, sr. Alma Steyn, Abigail Kleinhans, Micky Pieterse en Dina Saayman. Foto: Deona Aucamp
Hans du Plessis by die naambord van die nuwe vleuel wat na hom vernoem is.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'