Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Pieter Moolman van George is op 13 November in die pos van verpleegdiensbestuurder by Riversdal-hospitaal aangestel.
Pieter is 'n kenner in sy vakgebied en kan 23 jaar ondervinding agter sy naam skryf.
Hy het as trauma verpleegkundige begin en sy laaste posisie die afgelope 13 jaar was as gehaltebestuurder by George-hospitaal.
As verpleegdiensbestuurder moet hy alle aangeleenthede ten opsigte van die verpleeg- en skoonmaakpersoneel, teater en sale bestuur en sorg dat alles vlot verloop.
Volgens hom is hy aangenaam verras deur die gemeenskaplike gevoel van die hospitaalpersoneel.
"Ek het vanuit die staanspoor hier aanklank gevind," vertel hy tydens 'n persoonlike onderhoud. Sy vrou, Erika, en drie volwasse kinders woon steeds in George.
"Erika is 'n eenheidsbestuurder by Mediclinic George in een van die sale.
"Hoewel ons kinders almal reeds werk, bly hulle nog by ons in die huis en is dit natuurlik vir ons baie lekker so."
Kyk 'n video hieronder:
Marizanne werk in 'n hotel op Mosselbaai in die finansiële afdeling, Lize-Mari is 'n persoonlike afrigter (personal trainer) by Virgin Active en Le Roux werk by 'n internetverskaffer.
Pieter bly gedurende die week in 'n woonstel op Riversdal en keer naweke terug huis toe.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'