RIVERSDAL NUUS - Vir mnr André Latsky, skoolhoof van die Hoër Landbouskool Oakdale was sy laaste verjaarsdag op 20 Oktober saam met die Bulle baie spesiaal.
Hy is vroeg by die skoolhoofwoning deur die skool se eie perdekar, wat uit die vyftigerjare dateer, opgelaai.
‘n Erewag van blou baadjies in die Akkerlaning het hom begroet.
Die hoogtepunt was ‘n portret, geskilder deur Tristen Hunter Strydom (graad 9) wat aan hom oorhandig is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'